24 Februarie 2024

Jeremia 34

Jeremia profeteer vir Sedekia die koning dit wat hy NIE wil hoor nie: hy gaan verloor teen Nebukadnesar, hy sal hom van aangesig tot aangesig moet sien, en hy sal bly lewe en na Babelonië toe weggevoer word. Die stad Jerusalem sal ook afgebrand word.

Een van die redes vir die oordeel oor Juda is, omdat hulle nie hulle slawe bevry het soos Mose beveel het in die wet nie.
Elke 7de jaar moes jy jou slawe bevry.
Israel het egter die wet geïgnoreer.
Sedekia het die volk oortuig om dit te begin doen, hulle het maar, het toe weer hulle slawe terug geneem.

Here, help ons om ons woord met U te hou!
U is Waar en is Ja en Amen!

Archive

 2024