22 Februarie 2024

Joshua 18

Die groter stamme soos Juda en Efraim (Josef) het hulle erf porsies gekry en in besit geneem maar, sewe van die kleiner stamme het na ñ lang ruk wat Israel in Kanaän al was, nog nie grondgebied gekry nie.
Joshua kom met ñ God geinspireerde plan te vore en laat 3 van elkeen van die stamme sonder grond, uitgaan en die land gaan deursoek waar nog plek oop is om dit dan te kan verdeel tussen die 7 groepe.
Benjamin die jongste van die seuns kry 1ste van die 7 grond, reg langs Juda.

Here, U vergeet nie van ons nie maar, gee ons wat ons toekom al vat dit lank.
U is Getrou!

Archive

 2024