20 Februarie 2024

Deut. 20

Moses gee reëls vir oorlogvoering!
Met die bymekaar kom van die manskappe vir oorlog moet die priester (seker die Hoëpriester) hulle toespreek en motiveer, maar ook sekere manne vryskeld van die stryd.

Israel moes altyd ñ opsie vir vrede bied, aan ñ stad en dit dan dienspligtig maak as hulle oorgee, maar die stad moes beleer en mans gedood word as hulle nie oorgee nie.

Vir die Kanaänitiese stede moes hulle almal laat sterf onder ñ banvloek.
Sodat die nasies se oorlewendes hulle nie leer van afgodery nie.
(Dit is toe presies wat op die ou einde met Israel gebeur het).

Here, dankie dat U ñ God van orde is en dat daar selfs orde in oorlog is as U die Israeliete uitgestuur het.
Vir ons in ñ geestlike stryd teen die vyand gee U ook orde en strategie!
U is ons Leërowerste

Archive

 2024