11 Februarie

Deut. 17

Voorskrif vir regspraak behels ñ stelse van regters wat beslissings vel in Israel, maar 2 tot 3 getuies is nodig vir skuldig bevinding.
Die beginsel is in die Nuwe Testament in die kerk ook ingebring: as daar aantuigings teen ñ mede-gelowige en veral ñ leier in die kerk op enige vlak is, kan ons nie ñ oordeel vel op een persoon se weergawe van iemand se lewe nie.

Naas die Levitiese priesters wat as regters moes optree, het daar ook konings in Israel opgestaan om die volk te lei.
Hier stippel die Here vooraf vir hulle uit hoe om te leef.
So hier word die volk, die getuies en die regters aangespreek oor hoe om reg te laat geskied.

Here, dankie vir reg en geregtigheid!
Mag ons reg voor U staan in elke kapasiteit wat ons in optree.
U is ons Regverdige Regter!

Archive

 2024