9 Februarie 2024

Jeremia 29

Jeremia stuur ñ brief aan die ballinge wat reeds weggevoer is deur Nebukadnesar na Babelonië.
Anders as ander profete, sê Jeremia vir hulle dat hulle nog lank in Babelonië sal woon (70 jaar en meer).
Daarom spoor Jeremia die Israeliete in Babelonië aan om deel van die stad te wees, besighede te begin en huise te bou met tuine en gesinne daar groot te maak en nie te sit en wag om terug te keer Jerusalem toe nie!
Jeremia profeteer voorspoed vir hulle in hulle ballingskap.

Maar in Babelonië en in Jerusalem is daar profete wat vir die mense sê dat Israel vinnig gaan terugkeer en dat Jeremia verkeerd is.
Die verdere probleem was koning Sedekia se boosheid wat tot ñ tweede plundering van Jerusalem sou lei deur Nebukadnesar.

Die valse profete probeer die laaste goeie hoëpriester, Jojada (2Kron. 23) se naam gebruik om aan hulle vals outoriteit nog gewig te verleen.

Here, ons wil so maklik hoor wat ons wil hoor instede van wat U sê!
U is die Alomteenwoordige !

Archive

 2024