2 Februarie 2024

Deut. 14

Deur die vleis van diere, visse en voëls te onderskei tussen wat rein en onrein is,
beskerm die Here hierdie midde-oosterse Israeliete wat in ñ warm streek bly lank voor die tegnologie van verkoeling.
Die geestlike beginsel word ook vasgemaak dat sekere “vlees” rein is en ander onrein.
In Handelinge 10 sou die Here later vir Petrus verduidelik dat Hy die Een is wat daardie onderskeid tref.

Verder word die beginsel van tiende, dit is 10% van jou inkomste of van jou oprengs, ingestel.
Hierdie beginsel word ñ riglyn vir jou en my om ons dankbaarheid teenoor die Here te betuig vir Sy voorsiening in ons eie lewens en ook om saam met ander toe te sien dat Sy Koninkryk groei deur dit finansieël te ondersteun.

Here, dankie dat U vir ons sorg en dat U ons sëen!
Help ons om ons 10de te gee soos U ons aanmoedig in die ou en nuwe testament!
U is Rein en Soewerein!

Archive

 2024