26 Januarie 2024

Joshua 9

Die Gibeoniete het besef dat hulle soos Jerigo, Ai en al die ander volke deur ñ banvloek vernietig sou word deur Joshua en die Israeliete!
Daarom beraam hulle ñ slinkse plan, en maak hulle deur vermoming asof hulle van vêr af kom.
Joshua raadpleeg nie die Here nie en sluit met hulle ñ verdrag van beskerming!

Toe Israel egter uitvind dat hulle eintlik van 3 naby geleë stede kom het hulle gesê: ons kan julle nie aanval nie, want ons het ñ verbond met julle, maar voortaan sal julle arbeiders van die Israeliete wees.

Here, help ons om U te vra voor ons op die oog af ñ besluit wil maak!
U is Genade!

Archive

 2024