22 Januarie 2024

Jeremia 23

Die profesie is vir leiers: geestlike herders, politieke voorlopers, maar ook werkgewers en ouers!

Jeremia praat ook met die profete as hy met die herders, die priesters, praat!

Hy beklemtoon dat hulle moet lei met hulle voorbeeld!
Hulle moet die Waarheid leef!!
Hulle moenie vals profeteer en sê “die Here het gesê…” nie!

Baie mense sê wat die oorgrote meerderheid mense WIL hoor instede van die Waarheid!

Here, help ons om nie agter gewildheid aan te beweeg as ons lei nie, maar om U Waarheid deur ons prediking en deur ons lewe uit te basuin, al is dit ongewild en ongemaklik!
U is die Heilige van God wat met ons die Waarheid praat!

Archive

 2024