21 Januarie 2024

Deut. 10

Moses vertel hoe hy vir ñ 2de keer die kliptafels met die wet opgeskryf deur die Here self gaan haal het, en die keer in ñ houtkas in gesit het: hy noem dit ñ ark.
(Dit was later met goud beslaan en in die Allerheiligste gebêre.)

Verder moedig Moses die volk aan om die Here te vrees:
 "Daarom dan, Israel, wat anders vra die Here jou God van jou as om vir die Here jou God ontsag te hê, om al sy paaie te volg, om Hom lief te hê en die Here jou God te dien met hart en siel,”
‭‭Deuteronomium‬ ‭10‬:‭12‬ ‭AFR20‬‬

In die tyd wat Moses weer die nuwe geslag hierdie goed leer sterf Aaron en sy seun neem oor as Hoëpriester.

Here, dankie dat selfs met ñ jonger en nuwe geslag moedig U hulle aan om vir U ontsag te hê!
U is gister vandag en môre dieselfde!

Archive

 2024