20 Januarie 2024

Joshua 7

Agan se sonde en ongehoorsaamheid kos die Israeliete 36 man en ñ vernederende loesing teen ñ klein dorpie, Ai.
Die sielkundige momentum is met die Israeliete na die deurtog droogvoets, deur die Jordaan en die bo-natuurlike en totale uitwissing van Jerigo!
Die mense van Kanaän was bang, nou verloor hulle teen die kleine Ai!

As ons nie die Here vrees nie, pleeg ons “heiligskennis” sê my vertaling. Dit is letterlik die sonde om te dink jy weet beter as die Here!

Sonde in die kamp beinvloed ñ gemeenskap nie net ñ individu nie.
Die hartseer is dat Agan se kinders ook sterf, soos die 36 onskuldige soldate oor sy sonde.

Here, help ons om U met soveel ontsag te gehoorsaam dat ons nie teen heiligskennis pleeg en dink ons weet beter as U nie!
U is Alwetend!

Archive

 2024