16 Januarie 2024

Jeremia 21

Koning Sedekia van Juda word aangeval deur Nebukadnesar van Babelonië en hy besluit om Pasgur van alle mense na Jeremia te stuur.
Pasgur, die priester wat in beheer is van die tempel, het vantevore vir Jeremia laat slaan en gevange gehou.

Nou profeteer Jeremia aan Sedekia, en Pasgur en Jerusalem, dat Nebukadnesar die stad gaan afbrand en dit beter is om oor te gee as om beleer te word!
Die Here is besig om Juda te straf sê Jeremia!

Here, somtyds wil ons nie hoor nie! Dan hoor ons eerder wat ons wil hoor as dit wat U vir ons sê!
U is Almagtig!

Archive

 2024