4 Januarie 2024

Jeremia 17

Daar is ñ verskil tussen iemand wat op mense vertrou en die wat op die Here vertrou!
In mense word jy teleurgestel, maar by die Here:
“Geseënd is die man wat op die Here vertrou, wie se vertroue die Here is. Hy sal wees soos 'n boom wat geplant is langs water, wat sy wortels uitstoot na die voor. Hy merk nie eers op dat die hitte kom nie; sy blare bly groen. In 'n jaar van droogte raak hy nie angstig nie, en hy hou nie op om vrugte te dra nie.””
‭‭Jeremia‬ ‭17‬:‭7‬-‭8‬ ‭AFR20‬‬

Al is ons harte bedrieglik (v. 9) moet ons die Here se hart soek in elke situasie!
Ons het immers die inwonende Heilige Gees om ons skewe harte reg te lei!

Die beginsels van die Here soos die Sabbatsrus is on-onderhandelbaar! Ons moet dit onderhou en so wys dat ons op die Here vertrou en nie op ons eie planne nie!!

Here, dankie dat U in beheer is en dat U ons bedrieglike harte genees deur dit met U Woord te lei en te vul met U Gees!
U is ons Leidsman en die Een wat ons vertrou!

Archive

 2024