1 Januarie 2024

Jeremia 16

Jeremia die profeet word deur die Here beveel om ñ profetiese leefstyl te leef: hy mag nie trou en kinders hê nie.
Die rede hiervoor is dat die ramp van ballingskap elkeen met kinders nog swaarder sal tref, want nie net gaan jy in pyn wees nie, maar ook jou geliefdes vir wie jy dan niks kan doen nie!

Jeremia beskryf verder Israel se oordeel.

Here, dankie dat U ons toevlug is wat ons deur en in rampe red!
U is ons Getroue Toevlug!