28 Desember 2023

Deut. 2

Die Here laat die Israeliete met opset verby die Edomiete (Esau se nageslag) en die Moabiete en Ammoniete (Lot se seuns) trek, met hulle handel dryf en by hulle leer.
Al 3 hierdie volke het Refaïete (reuse) gehad wat hulle land wat die Here hulle gegee het, bewoon.
Hulle moes leer om die reuse te oorwin in oorlog soos Israel nog moes doen met die Enakiete wat in Kanaän bly.
So, die Here maak van die Israeliete se weermag “Giant-killers”.

Somtyds gaan jy deur vreemde uitdagings wat jou eintlik voorberei vir die “reuse” wat voorlê.

Die Ammoriete het die vyand van die Israeliete gebly en moes uitgedelg word.

Here, dankie dat U ons deur ervare mense bystaan met ons reuse wat ons moet oorwin.
U is ons Leermeester!