27 Desember 2023

2 Kronieke 35

Die herlewing wat koning Josia begin het loop uit op aksie as die volk weer die Pasga (paasfees) vier.
Omdat die koning nou weer die woord (Torah) bestudeer het besef hy hoe belangrik hierdie fees is en laat hy Juda dit weer vier.
Hy voorsien lammers om geslag te word aan die mense en maak dit n groter Pasga fees as wat gehou was deur enige koning van Israel en Juda!

Here, om U te dien moet oorgaan in doen!
Help ons om met oorgawe vir U te werk deur ander te help as ons U prakties wil dien.
U is ons Pasga Lam!