26 Desember 2023

Jeremia 14

Die Here beskryf aan Jeremia droogte en hongersnood se gevolge op mens en natuur.
Die straf teen Juda se sonde sal selfs hulle omgewing impakteer, soos sonde altyd doen.
Nou pleit Jeremia by die Here:
“Is daar onder die nietige afgode van die nasies enige een wat kan laat reën? Of kan die hemel vanself stortreën gee? Is dit nie U nie, Here ons God? Ons wag op U, want U is die een wat dit alles gemaak het.”
‭‭Jeremia‬ ‭14‬:‭22‬ ‭AFR20‬‬

Here, U alleen gee reën!
Sorg asb vir ons!?
U is ons Toevlug!