22 Desember 2023

Jeremia 13

Jeremia word deur die Here beveel om ñ kledingstuk van hom te gaan wegsteek in ñ rots en dit na ñ lang tyd weer te gaan kry.
Die onruikbare stuk materiaal word ñ metafoor van Jerusalem, en Juda wat die Here s'n is, maar nou onbruikbaar geword het en oordeel en straf verdien.

Die Here praat deur Jeremia met die koning en die volk en gee hulle kans om tot inkeer te kom.

Here, help ons om U waarskuwings te hoor en daarop ag te slaan.
U is ons Eienaar en Maker!