21 Desember 2023

Matteus 28

Hy het opgestaan!!
Jesus leef!!
Na die hartseer en kruisiging van Jesus en Sy skielike begrafnis op Paasvrydag het die dissipels Hom beleef by ñ oop graf op die sondag!

Jesus nooi al Sy dissipels om Hom in Galilea te kry, en daar waar Hy en hulle tuis was verskyn Hy weer aan hulle en gee Hy vir hulle die Groot opdrag:
“Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd. ”
‭‭Matteus‬ ‭28‬:‭19‬-‭20‬ ‭AFR20‬‬

Here, dankie vir die voorreg wat ons het om nog steeds na meer as 2 000 jaar besig te wees met hierdie opdrag!
Dit is vir elkeen van ons wat nou dissipels is van U!
U is die opgestane Here!
U het die dood oorwin!!!