14 Desember 2023

2 Kronieke 31

Sukses en voorspoed volg herlewing!
Met Hiskia se herlewing, het die Here die volk se landerye en vee so geseën dat hulle op hul beurt tiendes in oorvloed na die Tempel gebring het.
Die koning deur middel van die priesters kon dus kos en voorrade stoor en ook gee aan mense wat nie het nie.
(So lok die Here die wat swaarkry nader na Hom. Rom. 2:4)

Here, ons bid vir Herlewing in SA wat ook ons ekonomie sal draai en U sal verheerlik!
U is die God van meer as genoeg!!