12 Desember 2023

Matteus 25

Jesus verduidelik verder oor die ewige lewe:
Dit gaan onverwags kom saam met die Bruidegom! Daarom moet ons ten alle tye gereed wees vir Sy koms!

Ons moet woeker met wat ons het! Die talente wat die Here jou gegee het moet jy gebruik tot Sy voordeel!
“Die eienaar het vir hom gesê, ‘Mooi so, goeie en getroue slaaf, oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Deel in jou eienaar se vreugde!’
‭‭Matteus‬ ‭25‬:‭21‬

En ook sien ons die Koninkryk van die Here (m.a.w die ewige lewe) is vir mens wat reg lewe!
Die manier om reg te leef is om Jesus te versorg, te beklee, te voed en gasvry te huisves: deur dit vir die minste van ons broers te doen!

Here, help ons getrou wag, produktief bly en sorg vir mekaar!
Ons besef vir ons begin die ewige lewe nou!
U is Lewe!