11 Desember 2023

2 Kronieke 30

Hiskia lei die herlewing en nooi selfs die Israeliete, hulle bure, om saam met hulle die Pasga te kom vier!
Daar is ñ opgewonde toewyding van die hele Juda weer aan die Here en hulle vier fees by die Tempel soos hulle moes!

“Die Here het Hiskia verhoor en die volk genees.”
‭‭2 Kronieke‬ ‭30‬:‭20‬ ‭AFR20‬‬

Here, ek besef genesing en herstel vind plaas as ons na U terugkeer!!
Sal U asb weer SA na U laat terugkom!
U is die Heilige God!