10 Desember 2023

Jeremia 9

Saam met die oordeel van die Here oor Juda se ongeregtigheid kom ñ bittere hartseer.
Die gevolge van die volk se afvalligheid sou rou en groot smart wees.

Daar sal min gespaar word, maar dan sal die wat oorbly min het as trane om verder te doen:

“Slegs hierop moet die een wat wil roem, hom beroem: dat hy insig het en My ken, naamlik dat Ek die Here is wat troue liefde, reg en geregtigheid handhaaf op aarde; want daarin vind Ek vreugde.” Dit is die uitspraak van die Here.”
‭‭Jeremia‬ ‭9‬:‭24‬ ‭AFR20‬‬

Here, dit is al waarop ons kan en wil roem: die feit dat ons U ken!
U is die Here, Heerser van die Lëerskare!