9 Desember 2023

Matteus 24

Jesus se wederkoms is onverwags ons weet nie die tyd nie!
Ons kan egter die tekens van die tye begin lees, en besef soos geboortepyne die baba se koms vooraf gaan, gaan die natuur en selfs die mensdom deur sekere goed gaan wat ons sal laat weet Jesus kom!

Oorloë, hongersnood en plae saam met baie vals profete gaan eers kom en nie ñ al rustiger lewe nie.
Dit gaan al hoe  slegter gaan, voordat dit beter gaan gaan met Sy koms!

Here, dankie dat U ons gepas waarsku oor die eindtye, maar dat ons uit al hierdie net kan weet: U kom weer!
U is die Seun van God wat n Bruidegom is wat Sy bruid gaan kom haal!!