07 Desember 2023

Jeremia 8

Waarom tart julle my met julle afgode?
Vra die Here aan die volk Juda!
Hulle was afvallig maar het gedink as hulle uitroep: “Vrede! Vrede”
Dan gaan alles ok wees!
Maar, die Here sê daar kom ñ tyd, ñ seisoen, van nederige jammer sê vir jou sonde voor die Here.

Here, ons wil nie hardkoppig aanhou met verwaande sonde nie help ons om gedurig in nederige afhanklikheid vir U om verskoning te vra vir sonde en dan beter te lewe, want U vergewe ons!!
U is die Ware Vrede!