04 Desember 2023

Jeremia 7

Dit help nie jy gaan kerk toe (tempel toe), maar gaan steeds aan met ñ sondige lewe nie!
Dit help nie jy sê: “ek is gered”, maar jou manier van lewe wys dit nie!
So profeteer Jeremia vir die mense van Jerusalem… en vir ons!
“maar eintlik…, ‘Luister na my stem, dan sal Ek vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees! Loop die hele pad wat Ek julle beveel, sodat dit met julle goed kan gaan.’”
‭‭Jeremia‬ ‭7‬:‭23‬ ‭AFR20‬‬

Here, Juda het laat die kultuur van hulle tyd en die sonde van “wat almal doen” hulle so oorweldig dat al het hulle Tempel toe gegaan het hulle eintlik U nie gedien nie!
Help ons om U met ons HELE lewe te soek en te dien!!
U is die God van Abraham, Isak en Jakob!!