02 Desember 2023

2 Kronieke 27

Jotam die seun van Ussia word koning en dien die Here!
Hy was ñ goeie koning:
“Jotam het sy mag stewig gevestig, want hy het sy pad koersvas geloop voor die Here sy God.”
‭‭2 Kronieke‬ ‭27‬:‭6‬ ‭AFR20‬‬

Ten spyte daarvan dat hy nie in die tempel wou ingaan nie, dalk oor sy pa se dood, was hy KOERSVAS!
Gerig op die Here!

Here, help ons om koersvas te bly en nie af te wyk van die pad wat ons loop om U te volg nie!
U is die Weg!