01 Desember 2023

Jeremia 6

As jy nie die Woord van die Here as Waarheid in jou lewe aanvaar niesal jy oordeel oor jouself laat kom, want sonder die toepassing van Goddelike beginsels in jou lewe gaan jy onwys optree en aan jouself en aan jou eie verhoudings skade doen!
Daar is net een manier om reg te leef: volgens Sy Woord!
Sy Woord toegepas in ons lewens bring voorspoed, Vrede en vreugde!
“Lewe en lewe in oorvloed!”

“Aanvaar die teregwysing, Jerusalem; anders ruk Ek Myself van jou los; anders maak Ek jou 'n woesteny, 'n land wat nie bewoon word nie.”
‭‭Jeremia‬ ‭6‬:‭8‬ ‭AFR20‬‬

Israel was baie jare verlate en selfs die klimaat het verander na hierdie woorde van Jeremia wat Juda nie na geluister het nie!

Here, U is ons antwoord op die lewe!
U is die Heerser!