30 November 2023

Matteus 21

Jesus se intog in Jerusalem in, word beskryf!
Nederig op ñ donkie kom ons Koning om ons te dien deur Sy lewe soos ñ Lam neer te lê!
Hy kom nie hierdie keer soos  ñ oorwinnende Koning op ñ wit perd nie…Hy gaan nog!

Jesus reinig die tempel, want waar die “mark” was, was eintlik die plek waar die heidene (ander nasies) moes aanbid!

Daarna kom wys Hy Homself vir ñ week lank aan almal in die tempel as sondeloos en foutloos in Sy optrede en redenasies!
Netsoos ñ paaslam van daardie tyd ñ week lank in mense se huis moes bly om ondersoek te word voor dit op die vrydag van die Paasfees geslag word, so moes Jesus in Sy “huis”: die Tempel, Homself wys!

Hy vertel die gelykenisse in die week om te openbaar wie Hy is!

Here, dankie dat U die Eienaar van die heelal se Seun, vir ons kom sterf het!
U is die Koning,
Die Seun van Dawid wat kom op n donkie en sal kom op n witperd!