28 November 2023

Jeremia 5

Die armes is arm, omdat hulle nie die beginsels van die Here volg nie sê Jeremia, maar die rykes van Juda volg Hom ook nie en verryk hulle op onregverdige maniere!
Selfs die priesters en profete is boos in die Here se land!
Daarom gaan dit sleg sê die profeet.

Maar, die Here sal dit weer laat reën:
“Hulle het nie by hulleself gedink nie, Ons moet tog ontsag hê vir die Here ons God, vir Hom wat reënbuie gee – vroeë en laatreëns, elkeen op sy tyd, vir Hom wat die vasgestelde weke van die oes vir ons in stand hou.”
‭‭Jeremia‬ ‭5‬:‭24‬ ‭AFR20‬‬

Here, dankie vir reën!
Dit kom van U af!
U is ons Bron!