27 November 2023

Matteus 20

Jesus verduidelik met ñ vergelyking dat ons almal dieselfde loon gaan kry: die Ewige Lewe!!
Ongeag of jy al baie jare die Here dien en of jy pas tot bekering gekom het net voor jou dood!!

Sy dissipels verstaan egter nie, as Hy ñ derde keer Sy dood aankondig nie!
Hulle verwag steeds Hom as die Koning van Israel!

Jesus as dienende Koning sê:
“…en wie eerste onder julle wil wees, moet julle slaaf wees. Net so het die Seun van die Mens nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as losprys vir baie te gee. ”
‭‭Matteus‬ ‭20‬:‭27‬-‭28‬ ‭AFR20‬‬

Here, help ons nederig dien soos U ons gedien het!
U is die Koning van konings wat ons kom Liefde wys het!