26 November 2023

2 Kronieke 25

Amasia se 29 jaar lange  regering  word beskryf.
Dit het goed begin deur die Here te gehoorsaam!
Die Here het Juda oorwinning gegee oor Edom, maar Amasia het egter die Edomiete se gode begin aanbid as sy afgode.
Dit het toe met die koning begin sleg gaan en hy wou nie meer die inspraak van die Here hoor nie, en val toe Israel aan en verloor.
Na ñ vernederende terugkeer na Jerusalem vermoor sy eie mense hom.

Here, dit is so belangrik om nie deur ons eie suksesse grootkop te kry nie!
Dit bly U wat die oorwinning gee!
U is Regverdig!