24 November 2023

Matteus 19

Oor die huwelik en egskeiding probeer die skrifgeleerdes vir Jesus vasvra, maar Hy antwoord hulle met soveel insig dat ons steeds van hierdie gedeelte leer oor ons huwelike!

As hulle kinders na Jesus toe bring, sien ek Hy was lief vir kinders:
“Jesus het egter gesê: “Laat die kindertjies begaan, en moet hulle nie langer verhinder om na My te kom nie, want die •koninkryk van die hemele behoort aan mense soos hulle.””
‭‭Matteus‬ ‭19‬:‭14‬ ‭AFR20‬‬

Jesus verduidelik ook aan ñ ryk man wat Hom wil volg, en aan Sy dissipels, dat daar ñ offer is om Hom te volg waarvoor ons in die ewige lewe beloon sal word.

Here, dankie dat U belangriker as lewe is!
Ons kies om U te volg!
U is ons veilige Hawe!