22 November 2023

Jeremia 3

Israel was ontrou aan die Here en het as gevolg van hulle afgodery die Here se straf ervaar.
Die erge gebeure in Israel het egter nie Juda hulle buurland tot nugtere denke gestig nie!
Nee! Juda het ook gedink om die Here halfhartig te dien is voldoende!

Here, help ons om U met ons hele hart te soek, soos U van ons verwag en nie soos ons eie manier van aanbid nie!
U is ñ  Jaloerse God!