18 November 2023

Matteus 17

Op die berg van verheerliking sien Jesus vir Moses en Elia, wat die wet en die profete verteenwoordig, dus die Ou Testament!
Petrus se vesoek om vir hulle hutte te maak om hulle te huisves (die Ou Testament ñ tuiste te gee), word deur Vader God self beantwoord as Hy sê uit die hemel dat Jesus Sy Seun is en dat ons vir Hom moet luister. (Die Nuwe Testament volg en bly nie by die oue alleen nie).

Hierna, genees Jesus ñ kind en kondig Hy weer Sy dood aan.

Maar, die gesprek en bo-natuurlike voorsiening vir Sy en Petrus se Tempel belasting is interresant en mooi!
Al hoef Jesus nie belasting te betaal nie want, die Tempel is VIR Hom! Betaal Hy steeds!
Al is jy reg, doen nogsteeds wat ordentlik is!!

Here, dankie dat U ons deur U sagte en goeie voorbeeld leer! Help my om nie hardkoppig te wees nie, al is ek reg.
U is die Seun van God in wie Vader ñ welbehae het!