17 November 2023

2 Kronieke 22

Al word al die broers wat moet opvolg as koning doodgemaak, bly daar een oor, al maak ñ bose ou vrou al die seuns van die koning dood word een weggesteek!!
Want, die Here het vir Dawid beloof daar sal altyd ñ koning op sy troon wees.

Die idee van ñ oorblyfsel, ñ oortjie, ñ laaste klein stukkie wat oorbly om mee aan te gaan is regdeur die ou testament en Israel se geskiedenis!

Here, dankie dat U altyd een persoon gespaar het om koning te word of ñ klein groepie oor gehou het om die volk te laat aan gaan!
U het ook genade met ons klein stukkie geloof wat oorbly al is dit mosterdsaad grote!
U is Getrou!