16 November 2023

Jeremia 1

Die Here roep ñ jong Jeremia om te profeteer oor Juda en Jerusalem!
Hy sou baie jare profeteer en waarsku dat daar ñ ballingskap gaan kom tot in met die ballingskap self.

“Jy moet nie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou om jou te red, is die uitspraak van die Here. Die Here het toe sy hand uitgesteek en my mond aangeraak. Die Here het vir my gesê: “Kyk, Ek lê my woorde in jou mond.”
‭‭Jeremia‬ ‭1‬:‭8‬-‭9‬ ‭AFR20‬‬

Met die Here self se aanraking stel die Here Jeremia gerus, dat al is mense teen hom oor die woord wat hy bring: die Here is met hom.

Here, dankie dat U besluit om mense te gebruik!
U praat deur gewone mense!
U is die God van ontferming wat waarsku!