10 November 2023

Haggai 1

Die boek is geskryf na die ballingskap van Juda.
Daar was 3 groepe wat terug gekeer het uit Babelonië.
Hierdie was die eerste : onder leiding van Serrubabel die goeweneur (uit die geslag van Dawid) en Joshua die Hoëpriester.
Hulle het 15 jaar lank die Tempel se herstel uit gestel, nadat hulle die fondasie gelê het.
Nou sê Haggai dat dit die rede is waarom dit nie goed gaan met hulle ekonomies nie.

Here, help ons om U belange te soek voordat ons ons huise bou!
U is die Bron!