9 November 2023

Matteus 14

Jesus rou oor Sy vriend en neef Johannes die Doper se dood aan die hand van Herodes, maar die skare mense volg Hom toe na die verlate plek van Sy gebed.
Daar is hulle sonder kos en vermeerder Hy 5 brode en 2 vissies om 5 000 mense mee te voer!
Hierna, loop Hy op die water na hulle toe en maak nog siekes gesond!

Here, dankie dat U ons help in ons storms en ongeloof, soos Petrus wat U gegryp het toe hy begin sink het!
Sal U by ons wees as ons uit die boot uitklim en in geloof na U toe stap?
U is Almagtig!