8 November 2023

2 Kronieke 19

Die siener of profeet Jehu het baie duidelik vir Josafat gaan sê dat sy oorlog saam met Agab nie die regte ding was om te doen in die oë van die Here nie. Hy sou ge-oordeel word oor sy saamtrek in ñ onewe juk.

Josafat besef egter hy moet Juda terug kry by die Here en hy laat vir hulle leer en sit howe aan om orde te handhaaf in die land.
Die orde wys terug na die orde wat Dawid in sy regerings tyd gehad het oor Israel.

Here, U is ñ God van orde en U hou van strukture waar mense veilig versorg en beskerm word: help ons hiermee in ons omgewings.
U is die God van detail en orde.