7 November 2023

Sefanja 3

Na ñ woord van oordeel oor Jerusalem en sy mense begin die Here deur Safanja oor die toekoms van Israel praat.
Selfs nog vir ons die toekoms: die tyd wat die Koning van Israel in Jerusalem gaan woon en regeer, die Vrederyk tyd.  
In die tyd en vir nou sê Sefanja:
“Die Here jou God is in jou midde, 'n held wat verlos. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou stil met sy liefde. Hy sal oor jou juig met jubelkrete.”
‭‭Sefanja‬ ‭3‬:‭17‬ ‭AFR20‬‬

Here, dankie dat U oor ons sing en dans!
U is ons Held!