31 Oktober 2023

Matteus 11

Jesus praat eers deur Johannes die doper se dissipels met Sy neef en daarna praat Hy met die mens OOR die Doper!

Die mense het Johannes nie verstaan en gevolg nie, dieselfde jode wou ook nie Jesus verstaan of volg nie.
Jesus waarsku daarom die stede kollektief oor die gevolge van hulle ongeloof!

Here dankie:
“Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.”
‭‭MATTEUS‬ ‭11‬:‭28‬, ‭30‬ ‭NLV‬‬

U is die Here van hemel en die aarde!