29 Oktober 2023

Habakuk 3

Ons almal se voete is soos wildsbokke wat op hoë plekke loop na die Bokke se oorwinning!!

Hierdie profesie gaan oor dat die Here ontsaglik groot en kragtig is en Hy is in beheer!

“nogtans sal ek jubel in die Here, sal ek juig in die God wat my verlos.”
‭‭Habakuk‬ ‭3‬:‭18‬ ‭AFR20‬‬
Al sou allerhande slegte goed gebeur!
NOGTANS Is die Here in beheer en SAL Hy vir ons uitkoms gee!!

Here, dankie vir gisteraand en dankie dat U ons “nogtans” help!
U is Almagtig!!