28 Oktober 2023

Matteus 10

Jesus stuur Sy 12 dissipels uit op ñ proeflopie soos wat Hy hulle sou uitstuur die wêreld in om die evangelie te verkondig en die kerk te begin.
In die uitstuur hoofstuk leer ons egter baie van hoe Hy hulle sou uitstuur en wat Hy van hulle, en ons, verwag as ons gestuur word met Sy boodskap van verlossing op ons lippe!!
Hy waarsku hulle en ons ook teen vervolging en bemoedig ons om te volhard!

Elke dissipel wat weet dat die Here hom of haar  ñ apostel, ñ gestuurde, wil maak moet die hoofstuk bestudeer!

Here, dankie dat U ons vertrou met U evangelie!!
U is die Een wat ons stuur met U Boodskap!