27 Oktober 2023

2 Kronieke 15

Herlewing!
Asa beleef herlewing omdat hy die Here soek!
Hy begin by sy eie huis en gooi selfs sy ouma se afgode weg!
Die Here herstel toe weer die volk se veiligheid en hul voorspoed!

“Die hele Juda was verheug oor die eed, want hulle het dit met hulle hele hart afgelê, en met volle oorgawe het hulle Hom gesoek. Hy het Hom deur hulle laat vind, en die Here het vir hulle aan alle kante rus gegee.”
‭‭2 Kronieke‬ ‭15‬:‭15‬ ‭AFR20‬‬

Here, mag ons soos koning Asa en die mense van sy tyd rus beleef, omdat ons U soek met ons hele hart!
U is Rus!