25 Oktober 2023

Matteus 9

Jesus genees verlamdes, blindes, stommes en ñ vrou wat aan bloedvloeiing lei al vir 12 jaar.
Hy laat ñ dogter uit die dood opstaan, maar nogtans na al die wonderwerke en vele meer, betwyfel die Fariseers en skrifgeleerdes vir Jesus.
Hulle saai twyfel oor die bron van Sy krag: hulle sê dis satan en nie Vader God nie, hulle probeer Sy kredietwaardigheid afbreek, maar Jesus genees vanuit ñ liefde vir die mense!

“Toe Hy die skare sien, het Hy hulle innig jammer gekry, omdat hulle verward en verstrooi was, soos skape sonder 'n herder.”
‭‭Matteus‬ ‭9‬:‭36‬ ‭AFR20‬‬
 
Daarom Here wil ons die mense lief hê soos U en dit is hoekom ons aanhou bid vir arbeiders om hierdie ryp oes in te samel!
U is ons Geneesheer!