20 Oktober 2023

Nahum 3

Ninive, die wreede hoofstad van die Assiriëse koning word veroordeel en haar laaste beleg word vooraf beskryf deur die profeet Nahum.

Hulle wrede invalle en oorlog lus het hulle gevreesd en gehaat gemaak deur al die nasies om hulle!
Daarom sê die Here:
“Dis Ek teen jou, Nineve!” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. “Ek sal jou some oor jou gesig oplig; Ek sal die nasies jou naaktheid laat sien, koninkryke jou skaamte.”
‭‭Nahum‬ ‭3‬:‭5‬ ‭AFR20‬‬

Here, mag ons genadig met mense wees, want soos ons ander behandel so sal ons behandel word.
U is die Here van die Leërskare!