19 Oktober 2023

Matteus 7

Jesus leer die skare mense verder oor oordeel: ons moet nie oordeel nie, maar besef waarmee ons meet, sal ons gemeet word!

Verder moedig die Here ons aan om Hom te vra en ons SAL kry!
Hê ñ aktiewe gebedslewe!

“Alles wat julle dan wil hê die mense aan julle moet doen, doen ook julle net so aan hulle; want dit is die kern van die Wet en die Profete.”
‭‭Matteus‬ ‭7‬:‭12‬ ‭AFR20‬‬

Hierdie goue reël is omtrent net so in elke godsdiens van die wêreld opgeskryf!

Dra dus goeie vrugte, nie van kritiek en oordeel nie, maar van Liefde!

Here, help ons om ons lewe op U Waarheid as fondament te bou, en nie op die wêreld om ons se wysheid wat soos sand is: dit maak nie ñ goeie stewige fondament uit as die lewe se storms teen ons kom slaan nie!
U is ons Rots!