18 Oktober 2023

2 Kronieke 12

Rehabeam dwaal weg van die Here af en so ook later die volk.
Daarom trek Egipte teen Juda op en maak Jerusalem onderdanig aan hulle.

Die eerste belasting wat hulle moes betaal is Rehabeam se pa, Salomo, se skatte wat hy in die tempel bymekaar gemaak het.

As Egipte die goue skilde vat vervang die hardkoppige Rehabeam dit met brons skilde.
Dit is bloot net nie dieselfde nie.

Ongehoorsaamheid kan jou laat sit met ñ minderwaardige skat wat die Here aanvanklik vir jou as kosbaar voorsien het!

Here, help ons om getrou U te bly dien en nie soos Rehabeam êrens te begin louwarm raak nie.
U is ons Skild en ons Beskerming!