17 Oktober 2023

Nahum 2

Hierdie profetiese gedig oor die val van Ninive, die sterkte, wreedste en grootste vyand wat Israel nog gehad het tot en met die tyd van Nahum, beskryf die verwoesting!

Eers beskryf hulle die soldate by Nineve se laaste verdediging (wat ons nou weet was in 612vC. )
Ons weet die Babeloniërs het met ñ rebellie teen die heersende Assirië opgestaan, Ninive beleer en dit presies so oorweldig soos wat Nahum beskryf het vooraf. 

Soldate staan gereed, die strydwaens is ook oneffektief en dan word die stadsmuur stukked geslaan en die Assiriërs word in ballingskap weggevoer soos wat hulle met Samaria en Israel gedoen het. 

Here, volke en maghebbers kom en gaan, maar U bly want U is:
Die Ewige Koning!