16 Oktober 2023

Matteus 6

Of jy gee en of jy bid of vas en selfs goed bymekaar maak: doen dit nederig!
Sonder om gesien te wil word!
Wat ons doen, doen ons vir die Here en nie vir mense se aandag of goedkeuring nie!

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”
‭‭Matteus‬ ‭6‬:‭33‬ ‭AFR20‬‬

Here, ons soek U en ons wil elke ding wat ons bid, gee en vir behoeftiges doen, so doen dat dit ñ saak is tussen U en ons en al weet niemand daarvan nie, aanbid ons U daardeur!
U is ons Vader!